Yolandi huiwer toe die hoofredakteur van Rooibos Media haar stuur om ’n onderhoud te voer met Kruger Wolmarans, ’n moordverdagte wat sy onskuld wil bewys. Die hoofredakteur is immers haar ma en Kruger haar hoërskoolliefde. Gou is haar loopbaan aan skerwe en haar lewe word deur ’n klomp booswigte bedreig. Haar romanse met Kruger vlam weer op, tot sy ontdek dat hy en haar familie jare lank vir haar gejok het oor sy verdwyning. Kan sy hom weer vertrou?