Die roekelose swaardvegter James Surrock, Graaf Heatly, word uit die hoër kringe verstoot nadat dobbel en trots sy ondergang veroorsaak. Verbitterd en bankrot vaar hy na die Kaap van Goeie Hoop met ’n gevaarlike doelwit. Hy begeer die rykdom van sy neef, Jean de Moreaux. ’n Ou brief fluister van ’n geheime lewe en van ’n voortvlugtige wat snags bekend staan as die gemaskerde Buiter.
Wanneer James by die Kaap arriveer, ontdek hy Jean se skynbestaan as ’n ledige edelman. Maar die jong vigilantes wat onder die Buiter se naam veg, bied vir James die ideale geleentheid om sy neef te ontmasker. Hy lok hulle in ’n dodelike strik, manipuleer bewyse en smeer bloed aan onskuldige hande, alles om Jean uit sy masker te kry.
Die stryd word persoonlik wanneer James sy oog op die beeldskone Willa Rossouw laat val, Jean se verloofde, en die enigste vrou wat James se haat in verlange kan verander. Sy wrede plan is om Jean se lewe en sy liefde te steel.
Wanneer ’n skokkende tweegeveg eindig in verraad, en Willa self haar hart as offer aanbied om Jean te red, word die Buiter gedwing tot sy gevaarlikste keuse nog. Onthul jou geheim en sterf... of verloor jou geliefde vir altyd.
Maar in die laaste oomblik, net toe James sy triomf wil seëvier, bring die kruitrook van ’n enkele skoot die waarheid aan die lig en die dood self kom sy skuld opeis.
’n Historiese avontuur vol romanse, spanning en verraaiery, waar liefde en lojaliteit die finale stryd teen wraak en verraad voer.
GERRIT LUBBE VAN ZYL - (GERRIE RADLOF)
Gerrit Lubbe van Zyl, wat veral onder die skrywersnaam Gerrie Radlof skryf, is op 27 November 1923 op Clanwilliam gebore. Hy voltooi sy hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Hy skryf verskeie gewilde Afrikaanse aksieverhaal reekse, vir beide volwassenes en die jeug. Van sy reekse sluit in die Buiter reeks, Oloff die Seerower reeks en die Ramala reeks. Hy lewer ook bydraes tot die die S.A. Polisie reeks en die Swerwerspeurder reeks. Onder die skuilnaam Dirk Lubbe skryf hy die Profeet spioenasie reeks. Radlof is ook die skepper van die gewilde held van die fotoboeke, Mark Condor en die Saboteur fotoverhaal reeks.
Na skool in die Kaap werk hy by die Homes Trust versekeringsmaatskappy as aktuariële klerk en loop buitemuurse klasse aan die Universiteit van Kaapstad. Hy bedank dan om vir twee jaar as tabakboer in Rhodesië te gaan werk. Die boerdery is nie suksesvol nie en hy keer terug na die Kaap en werk weer by Homes Trust, terwyl hy deeltyds begin om avontuurverhale te skryf, om meer geld te verdien. Hy begin later voltyds skryf en werk onder andere as vryskutskrywer by Blaar Coetzee se Goeie Hoop Uitgewery. Vanaf 1956 woon hy in Hantam, die huis in Byronstraat in Tamboerskloof wat deur Boerneef gebou is en lank deur hom bewoon is.
In 1956 ontmoet hy vir Leon Rousseau, wat namens Tafelberg-Uitgewers sy boeke redigeer. Saam begin hulle ’n onderneming deur ’n bankrot persagentskap, Afritopics, te koop. Hulle verander die naam en vestig sodoende die vertaalburo en reklame-agentskap, Uniale Persdiens, waar sy vernaamste bydrae die skryf van boeke is. Na ’n ruk koop Leon hom uit en op sy eie konsentreer hy steeds op sy skryfwerk. Dan verhuis hy na Durban waar hy by Hint Hyman en Boet Hyman se uitgewery as vryskut-scenarioskrywer werk en sy eerste treë in die fotoverhaalgenre gee. Hy keer later weer terug na Kaapstad. Op Maandag 20 September 1971 is hy in ’n motorongeluk naby sy huis by Melkbosstrand in die Kaap oorlede, toe hy laat in die aand in ’n boom vasry. As een van SA se top skrywers is Gerrie Radlof se boeke vandag nog in groot aanvraag.
(Info obtained from Wikipedia).
https://www.softcoverbooks.co.
One of my lifelong passions is writing short stories, as well as editing and republishing the works of renowned authors, ensuring that these exceptional stories are rediscovered and enjoyed by a new audience.