Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies

· Zackie Mostert 第 8 本图书 · Penguin Random House South Africa
电子书
52
符合条件
评分和评价未经验证  了解详情

关于此电子书

Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie … Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends … Zackie en Vincent het DRINGEND geld nodig. Anders gaan hulle die opening van die FANTASTIESE nuwe PRETPARK misloop. Daarom maak hulle ’n plan om HOPE geld te maak. Zackie besluit om koekies te bak en by die skool te verkoop. Maar ongelukkig is daar ’n vlieg in die salf … oftewel ’n SAPPIGE, WRIEMELENDE wurm in die koekiedeeg! EKSTRA! Bak jou eie grillerige goggakoekies! Resepte agterin die boek! Kinders is versot op Zackie Mostert se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, kulkunsies doen of ’n plan moet maak om uit die skoolkonsert te kom — waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, en sy hond, Frankenstein.

作者简介

Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde top-verkoperboeke vir kleuters, kinders en tieners, soos Suurlemoen!, ’n Goeie dag vir boomklim, Moenie hierdie boek eet nie! en My ouma is ’n rock-ster. Sy skryfwerk wissel van prettige kinderrympies tot spokerige grilstories, van vermaaklike feiteboeke tot lekker skaterlagstories. Van Jaco se boeke is al wêreldwyd in Engels gepubliseer, en ook in Nederlands, Italiaans, Spaans en Sloeweens vertaal. Onder Jaco se talle bekronings tel die Rapport/kykNET-prys, die Tienie Hollowaymedalje, die Alba Bouwerprys, die Elsabe Steenbergprys, die Scheepersprys, die MML-letterkundeprys en 34 ATKV-Kinderboektoekennings, en ’n SALA-prys sowel as ’n benoeming vir die beroemde Britse Carnegie-medalje. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy twee dogters, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetel-luislang.

为此电子书评分

欢迎向我们提供反馈意见。

如何阅读

智能手机和平板电脑
只要安装 AndroidiPad/iPhone 版的 Google Play 图书应用,不仅应用内容会自动与您的账号同步,还能让您随时随地在线或离线阅览图书。
笔记本电脑和台式机
您可以使用计算机的网络浏览器聆听您在 Google Play 购买的有声读物。
电子阅读器和其他设备
如果要在 Kobo 电子阅读器等电子墨水屏设备上阅读,您需要下载一个文件,并将其传输到相应设备上。若要将文件传输到受支持的电子阅读器上,请按帮助中心内的详细说明操作。