Zackie Mostert en die monster-melkskommel

· Zackie Mostert ຫົວທີ 15 · Penguin Random House South Africa
ປຶ້ມອີບຸກ
48
ໜ້າ
ມີສິດ
ບໍ່ໄດ້ຢັ້ງຢືນການຈັດອັນດັບ ແລະ ຄຳຕິຊົມ ສຶກສາເພີ່ມເຕີມ

ກ່ຽວກັບປຶ້ມ e-book ນີ້

Dit is SKOOLVAKANSIE! Zackie en Vincent gaan sommer hope pret hê! Hulle gaan swem skaatsplank ry in die parkie en met hulle watergewere speel. Maar soos gewoonlik is Anton die boelie ook in die omtrek. En hierdie keer het hy iemand wat hom gaan help om Zackie-hulle se pret te bederf. Boonop het mevrou Langenhoven kuiergaste vir die vakansie – en Zackie en Vincent word gedwing om met die VERVELIGE tweeling te speel. Dit lyk of dit die aakligste vakansie OOIT gaan wees! Maar toe ’n splinternuwe restaurant sy deure open met ’n kompetisie om te kyk wie die meeste Monster-melkskommels kan drink begin dit lyk of die vakansie dalk GROOT pret kan wees ... Die wenner kry immers ’n splinternuwe WILDE WOESTE WATERGEWEER as prys ...

ກ່ຽວກັບຜູ້ຂຽນ

Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde top-verkoperboeke vir kleuters, kinders en tieners, soos Suurlemoen!, ’n Goeie dag vir boomklim, Moenie hierdie boek eet nie! en My ouma is ’n rock-ster. Sy skryfwerk wissel van prettige kinderrympies tot spokerige grilstories, van vermaaklike feiteboeke tot lekker skaterlagstories. Van Jaco se boeke is al wêreldwyd in Engels gepubliseer, en ook in Nederlands, Italiaans, Spaans en Sloeweens vertaal. Onder Jaco se talle bekronings tel die Rapport/kykNET-prys, die Tienie Hollowaymedalje, die Alba Bouwerprys, die Elsabe Steenbergprys, die Scheepersprys, die MML-letterkundeprys en 34 ATKV-Kinderboektoekennings, en ’n SALA-prys sowel as ’n benoeming vir die beroemde Britse Carnegie-medalje. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy twee dogters, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetel-luislang.

ໃຫ້ຄະແນນ e-book ນີ້

ບອກພວກເຮົາວ່າທ່ານຄິດແນວໃດ.

ອ່ານ​ຂໍ້​ມູນ​ຂ່າວ​ສານ

ສະມາດໂຟນ ແລະ ແທັບເລັດ
ຕິດຕັ້ງ ແອັບ Google Play Books ສຳລັບ Android ແລະ iPad/iPhone. ມັນຊິ້ງຂໍ້ມູນໂດຍອັດຕະໂນມັດກັບບັນຊີຂອງທ່ານ ແລະ ອະນຸຍາດໃຫ້ທ່ານອ່ານທາງອອນລາຍ ຫຼື ແບບອອບລາຍໄດ້ ບໍ່ວ່າທ່ານຈະຢູ່ໃສ.
ແລັບທັອບ ແລະ ຄອມພິວເຕີ
ທ່ານສາມາດຟັງປຶ້ມສຽງທີ່ຊື້ໃນ Google Play ໂດຍໃຊ້ໂປຣແກຣມທ່ອງເວັບຂອງຄອມພິວເຕີຂອງທ່ານໄດ້.
eReaders ແລະອຸປະກອນອື່ນໆ
ເພື່ອອ່ານໃນອຸປະກອນ e-ink ເຊັ່ນ: Kobo eReader, ທ່ານຈຳເປັນຕ້ອງດາວໂຫຼດໄຟລ໌ ແລະ ໂອນຍ້າຍມັນໄປໃສ່ອຸປະກອນຂອງທ່ານກ່ອນ. ປະຕິບັດຕາມຄຳແນະນຳລະອຽດຂອງ ສູນຊ່ວຍເຫຼືອ ເພື່ອໂອນຍ້າຍໄຟລ໌ໄໃສ່ eReader ທີ່ຮອງຮັບ.