Waheed Rabbani is gebore in Indië, naby Delhi, en is voorgestel aan Victoriaanse en ander Engelse romans, op ‘n baie jong ouderdom, in die biblioteek van sy vader. Die meeste van die groot aantal volumes was deur sy pa gekoop by ‘garage sales’ wat deur vertrekkende Britse staatsdiensbeamptes verkoop was in die laaste dae van die Raj.
Waheed het skoolgegaan by St. Patrick’s High School in Karachi, Pakistan. Hy het gegradueer vanaf Loughborough Universiteit, Leicestershire, Engeland en het ‘n Meestersgraad by Concordia Universiteit in Montreal, Kanada verwerf. Alhoewel ‘n ingenieur van beroep, is Waheed se ander liefde die lees en skryf van Engelse letterkunde, wat hom gelei het om ‘n Sertifikaat in Kreatiewe Skryfwerk van McMaster Universiteit te verkry en met sy fiksie skryfwerk te begin.
Waheed se historiese fiksie romans, Die Azadi Series, Boek I: Dokter Margaret se Seekis en Boek 2: Dokter Margaret in Delhi is gepubliseer. Hulle is beskikbaar by alle Apple iBooks, Chapters/Indigo, Amazon, B&N, Kobo en ander aanlyn en werklike boekwinkels. Audio-boeke is ook beskikbaar op Amazon, iBooks, ander aanlyn winkels en Audible.com.
Uittreksel van Waheed se Boek I en Boek II se opening hoofstukke is ook gepubliseer in die Anthologies, “Canadian Voices II,” en “Indian Voices.”
Waheed en sy vrou, Alexandra, is nou gevestig op die oewer van Lake Ontario in die historiese dorp van Grimsby. Meer inligting is beskikbaar op sy webwerf: http://home.cogeco.ca/~wrabbani