Towernagte & Kismet

·
· Penguin Random House South Africa
E-boek
100
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Towernagte – Ida Bester-Gräbe In die verre noorde van Noorweë wag Rhoda tevergeefs vir die son. Dit is haar derde Mørketid en sy kan nie die donker afgeskud kry nie. Haar ma is siek; haar gemoed is swaar en haar blonde Viking op sy slee is nêrens te sien nie. Tot die aantreklike dokter Olsen aan haar deur klop en gou die ewige Winter met sy sonnige geaardheid verdryf. Kismet – Maryna Steyn Miskien gebeur alles regtig vir ’n rede maar hoe kan ’n yslike verkoue of selfs ’n gebreekte motor ’n goeie ding wees? Dit is wat ’n olike Karlien uitvind wanneer die sakdoeksamaritaan hààr pad kruis.

Meer oor die skrywer

Gedurende haar werksloopbaan het Ida Bester haar hand gewaag aan verskeie take wat met taal te make het. Sy het dit vaarwel geroep om voltyds te skryf en het al meer as 15 boeke die lig laat sien, waarvan die 11 Romanzas wat deur LAPA Uitgewers uitgegee is vir haar die grootste genoegdoening gebring het. Nadat sy vir 11 jaar lank in Leeupoort op Limpopo gewoon het, het sy en haar man teruggetrek Pretoria toe waar hulle vroeër hul vier kinders grootgemaak het. Ida is dol oor hul 11 kleinkinders. Haar stokperdjies is lees, reis, scrapbooking en die versameling van klein vetplante.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.