Rou Real Rebel vir Jesus

· Pioneers Arise Media and Publishing
5.0
1 則評論
電子書
105
頁數
符合資格
評分和評論未經驗證 瞭解詳情

關於這本電子書

Sinopsis

Sy is onbeskaamd `n tiener-rebel, wat soos `n teologiese fout in haar godsdienstige gesin voel. Diep in haar hart wil sy net help om die gebroke wêreld `n beter plek te maak, maar sy voel verlore in haar identiteit. Die maskers wat die wêreld en die kerk voorhou, verpes haar. Sy glo sy is uniek, en dat groepsdruk nie `n houvas op haar het nie. Maar toe haar ouers besluit om te skei, het haar poging om “haar wêreld te red” inmekaar getuimel.

Haar soeke na wie God is motiveer haar om staande te bly, te midde van haar ouers se egskeiding. Sy voel alleen en verlore in `n huis sonder haar ma in die tyd wat sy wil leer van “vrou-wees”. Onwetend druk sy `n masker op haar gesig om haarself te beskerm. Sy vind haarself as `n party girl, wat liefde in die arms van verskillende figure vind. Sy kruisig haarself keer op keer, omdat sy weet dat sy van die pad af en honger vir aandag is. Kos raak haar toevlug om elke stukkende emosie te versmoor.

In `n poging om haarself te vind, gaan studeer sy weg van haar stukkende omstandighede. Na `n bekeringsoomblik, begin haar verhouding met die Here vorm aanneem. Die studente partytjies vermaak haar glad nie, maar wel die nuwe “Christen boyfriends”.

Sy raak gewortel as joernalis op die Kaapse platteland wie se wêreld vining in `n sendingveld ontaard. `n Traumatiese motorongeluk en `n reuse liefdesteleurstelling kry haar nie onder nie. Die gebeure moedig haar aan, om met groot ywer haar getuienis en die verlossingsboodskap met ander te deel. Nog `n voorval stroop haar van alles wat sy besit. Dít verander haar lewe onherroeplik. Sy soek antwoorde by die Here!

In haar soeke ontmoet sy haar trouman en begin `n nuwe “droomwerk”. Sy voel soos `n skaapwagter in haar nuwe werksgeleentheid, maar haar huwelik verskaf genoeg opwinding en lewenslesse om haar avontuurlustigheid brandend te hou.Haar liefde vir haar eerste Bruidegom, hou haar nederig en biddend in die seisoen. Die egpaar word die diepe Afrika ingestuur waar hulle liefde vir mense tot op die uiterste getoets word. Tog kies sy dat seer haar nie sal terughou, om ander met die evangelie te inspireer. Terug in die land kom sy voor `n reuse kruispad. Gaan sy kies om te voldoen aan wat mense verwag of gaan sy braaf wees en haar droom volg?

評分和評論

5.0
1 則評論

為這本電子書評分

請分享你的寶貴意見。

閱讀資訊

智能手機和平板電腦
請安裝 Android 版iPad/iPhone 版「Google Play 圖書」應用程式。這個應用程式會自動與你的帳戶保持同步,讓你隨時隨地上網或離線閱讀。
手提電腦和電腦
你可以使用電腦的網絡瀏覽器聆聽在 Google Play 上購買的有聲書。
電子書閱讀器及其他裝置
如要在 Kobo 等電子墨水裝置上閱覽書籍,你需要下載檔案並傳輸到你的裝置。請按照說明中心的詳細指示,將檔案傳輸到支援的電子書閱讀器。