Rose vir Roselle

· Penguin Random House South Africa
5,0
1 resensie
E-boek
174
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

’n Ontroue verloofde en haglike finansies bring Roselle terug op die familieplaas wat hare sal word wanneer haar twee tantes die dag nie meer daar is nie. Haar eksverloofde se meesterlike vermoë om te manipuleer het egter gevolge wat haar nie toelaat om daardie deel van haar lewe as afgehandel te beskou nie.

Terug hier op La Roseraie lyk dit ook nie asof die spogroosplaas so winsgewend is as wat haar tantes haar laat verstaan het nie, nie meer nie, in elk geval. Droogte het sy tol geëis en mense haal nie meer so baie geld vir hierdie eksotiese blomme uit nie. Boonop het haar tantes ’n swerwer wat vir kos en verblyf werk, ingeneem. Roselle vertrou hom nie eens ’n bietjie nie. Wie is hy en waar kom hy vandaan? En veral, wat soek hy hier? Haar tantes weet nie en hy weier om haar te sê toe sy hom direk vra.

Om vorentoe te boer sal sy die swerwer se hulp nodig hê en sy dood voor sy hom vra. Sy sal self hier moet trou as sy van La Roseraie ’n venue wil maak, spot sy.

Graderings en resensies

5,0
1 resensie

Meer oor die skrywer

Naas haar skryfwerk, is Rosita Oberholster ook baie lief vir skilder. Solank sy kan wegraak in haar wêreld van woorde en kuns is sy op haar gelukkigste. Sy het reeds vyf Romanzas op haar kerfstok en het die ATKV-Woordveertjieprys vir Romanses in 2017 met Troue in ’n towerbos gewen.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.