Die dogters van Casalina

· Penguin Random House South Africa
Ebook
272
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn More

About this ebook

Ciska Luckhoff, ’n joernalis by Dagblad, se lewe verander handomkeer wanneer beide haar ouers kort na mekaar sterf en haar geliefde, Liam, gediagnoseer word met ’n lewensbedreigende siekte. Gedurende hierdie tyd neem sy onbetaalde verlof om as voltydse versorger en broodwinner op te tree met haar deeltydse werk as manuskripontleder en skrywer.
Haar omstandighede dreig egter om haar onder te kry en sy nader haar ma se sielkundige, Isobelle Verwey. Isobelle staan Ciska nie net by gedurende hierdie traumatiese tyd nie, maar word ook ’n hegte vriendin.
’n Bejaarde kunstenaar, Francina Bernardi, nader Ciska om haar memoires te skryf en Isobella moedig haar aan om die aanbod te aanvaar. Opsoek na ’n nuwe begin en begrip vir God se plan vir haar lewe, gryp Ciska die geleentheid aan. Sy vertrek na Casalina, die drietoringhuis naby Knysna, waar sy deel van die Bernardi-familie se huishouding raak. Sy vind inspirasie in die intrige van die muurskilderye, waarin die kunstenaar met taferele daarop haar en haar man se lewensgeskiedenis verbeeld.
Maar die teenwoordigheid van ’n aantreklike Bernardi-nasaat verwar haar omdat sy nie weet hoe om haar verlede af te sluit óf wat om met haar nuwe gevoelens te maak nie. Tydens Kerstyd by Casalina ontvou ’n verhaal wat die verlede en hede se geheime ontrafel. Ciska moet vrede maak met ’n skokkende ontdekking sodat die dogters van Casalina uiteindelik in ’n sirkel van genade kan terugkeer.

About the author

Rina Cilliers was vir vyf-en-twintig jaar tuisblyma van vier kinders in Pretoria voordat sy en haar man op Hartenbos gaan aftree het. Nou leef sy haar uit in die skep en skryf van liefdesverhale en glo dat die liefde werklik enigiets kan oorwin. Rina is bekend vir haar gewilde Romanzas waarin deurlopende temas van liefde, intrige en deernis uitgelig word.

Rate this ebook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Center instructions to transfer the files to supported eReaders.