Chanette Paul pendel tussen twee tuistes: haar oewerhuisie in die Overbergse dorpie, Stanford, waar die man in haar lewe βn rivierboot bedryf, en haar skryfplek naby die suidelikste punt van Afrika. Chanette is βn katliefhebber en smoorverlief op haar dowe kat, Thomas. Sy is βn leesvraat, βn onbehendige tuinier en βn hopelose kok. Sy is lief vir swem en snorkel, en hoop sy sien eendag βn meermin.