Mode en Motors

· Penguin Random House South Africa
E-boek
208
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Nes sy op haar eie voete leer staan, kom ’n man en swiep hulle onder haar uit. Nicola Steyn droom van Londen waar sy glo haar ouers se goeie naam en sakke geld vir haar die deure na die modeindustrie sal oopmaak. Haar ouers het egter ander planne. Die kraantjie is toe. Nicola kan haar droom volg, maar sy sal dit op haar eie stoom moet deursien. Vasberade stel sy ’n begroting op sodat sy aan die werk kan spring. Darem net genoeg vir ’n woonstel huur. En dít by die aantreklike werktuigkundige wat die gebou besit. Hoekom laat Stephan hierdie bedorwe brokkie net die beste weergawe van haarself wil wees? En hoe gemaak as jou hart jou een kant toe trek, terwyl jou lewenspad anderkant toe deins?

Meer oor die skrywer

Louise van der Merwe het van haar tienerdae af haar neus in ’n boek. Om eendag haar eie boek vas te hou het ’n ontwykende droom geword waaraan sy hardkoppig vasgeklou het. Sy’s met haar eie held getroud en is steeds dolgelukkig ná drie woelige kinders. Sy’s ook mal oor liefdesverhale want liefde is mooi, lekker en raak nooit oud nie!

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.