Kleur en karamel

· Penguin Random House South Africa
5,0
1 resensie
E-boek
208
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Waarheen sal jou hart jou lei as jy braaf genoeg was om te volg? Wanneer ’n gebroke verhouding vir Hanri terugdryf na haar tuisdorp Swellendam, begin sy huise verf, vasberade om vroualleen ’n suksesvolle verfbesigheid staan te maak. Op ’n projek ontmoet sy vir Lily, ’n nuweling op die dorp wat ’n koffiewinkel en bakkery kom oopmaak. Van die begin af is Hanri gefassineerd deur Lily, al probeer sy haar hart keer. Lily stel nie belang nie en vind nog haar voete ná ’n egskeiding. Wanneer Hanri se beste vriend, Hein, vir Lily begin uitneem, lyk dit asof dié twee ’n verhouding aanknoop. Hanri wil nie vir Hein as vriend verloor nie, maar kan ook nie haar gevoelens vir Lily wegsteek nie. En vir derde wiel speel sien sy nie kans nie. Liefde is egter vreemd, en niemand kan voorspel waar die hart jou sal lei wanneer jy begin luister nie.

Graderings en resensies

5,0
1 resensie

Meer oor die skrywer

Analize Viljoen bly op ’n plot in Gordonsbaai saam met haar seun en twee honde. Kosmaak, die see en boeke maak haar gelukkig. Sy stap graag, en kamp gereeld in die veld of in die berge, ver van alles en almal af. Die meisies van Kleur en karamel het haar oortuig om hierdie somer ook ’n kayak aan te skaf en te begin roei. Sy glo almal het ’n klomp stories wat hulle leef, en sy skryf omdat sy haar oral in stories vasloop wat vertel moet word. Analize doen aanlynboekgesprekke op Boekemakranka se blad waar sy en Trisa Hugo eenmaal per week met ander skrywers gesels.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.