Klein wonderwerk

· Penguin Random House South Africa
電子書
270
頁數
符合資格
評分和評論未經驗證 瞭解詳情

關於這本電子書

Petrus dra swaar aan die verlies van sy vrou en sy sig. Nou moet hy besluit wat van sy geliefde plaas, Pronkbos, gaan word. Sy enigste seun het van kleins af meer in rekenaars as in boer belang gestel en ná sy egskeiding oorsee gaan werk. Sy seun se eksvrou en sy enigste kleinkind het van die aardbol af verdwyn. Nou wil Petrus sy kleinseun opspoor sodat hy sy Pronkbos aan iemand kan nalaat voor dit te laat is. In die ry by die munisipale kantoor ontmoet Petrus vir Anina, ’n jong ma en maatskaplike werker. Anina is as kind al deur haar oom seksueel misbruik en later deur haar neef na ’n bordeel in die hawe geneem. Haar geliefde ouma was te siek om te help en haar ouers wou haar nie glo nie. Toe sy gaan studeer, het sy gedink sy ontsnap. Nou is sy getroud met ’n man wat haar mishandel en bekommerd oor haar seuntjie. Petrus vertrou nie jong vroue nie. Anina haat ou mans. Tog besluit hulle om mekaar te help. Maar hoe oorkom jy jare se seer en wantroue? En hoe vind jy ’n aangenome kind as die ma doelbewus haar spore doodgevee het? Kan twee generasies wat op verskillende maniere en plekke mishandel is, mekaar ooit daarvan oortuig dat vergifnis die enigste weg na vryheid uit hul wrokkigheid is? Dis eers toe Petrus vir Anina en haar seuntjie na Pronkbos nooi en Petrus se seun ook daar opdaag, dat Petrus en Anina die vrede vind waarna hulle al so lank soek.

關於作者

Hans du Plessis se skeppende werk sluit ses digbundels, drie jeugromans en tien romans in. Hy verwerf onder meer die ATKV-kinderboektoekenning vir Ditsem Dawid, ’n erepenning van die SA Akademie en die CBSA-prys vir godsdienstige werk vir die digbundel, Innie skylte vannie Jirre, waarvan daar nou reeds meer as 65 000 eksemplare verkoop is.

為這本電子書評分

請分享你的寶貴意見。

閱讀資訊

智能手機和平板電腦
請安裝 Android 版iPad/iPhone 版「Google Play 圖書」應用程式。這個應用程式會自動與你的帳戶保持同步,讓你隨時隨地上網或離線閱讀。
手提電腦和電腦
你可以使用電腦的網絡瀏覽器聆聽在 Google Play 上購買的有聲書。
電子書閱讀器及其他裝置
如要在 Kobo 等電子墨水裝置上閱覽書籍,你需要下載檔案並傳輸到你的裝置。請按照說明中心的詳細指示,將檔案傳輸到支援的電子書閱讀器。