Tussen die lyne

· Penguin Random House South Africa
Ebook
72
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn More

About this ebook

Kreatiewe skryfwenke van die beste van die beste! Wil jy FANTASTIESE stories en SKREEUSNAAKSE rympies skryf? Is jy gereed om jou VERBEELDING vrye teuels te gee? Kort jou opstelle ’n bietjie WOEMA?Wel, hier is goeie nuus… Jy is nooit te jonk om te begin skryf nie! Tussen die lyne van hierdie prettige aktiwiteitsboek help die gewilde topverkoperskrywer JACO JACOBS kinders speel-speel om hul skryftalent te ontwikkel. So, waarvoor wag jy nog… maak jou potlood skerp en laat die pret begin! Jaco Jacobs is tans die gewildste kinderboekskrywer in Afrikaans. Hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is nie net prettige vermaak nie, maar is ook ’n nuttige opvoedkundige hulpbron wat kan help om kinders se taalvermoë en -kennis ’n hupstoot te gee. Perfek vir tuisvermaak of ekstra aktiwiteite in die klaskamer. Die boek bevat bekende karakters soos Zackie Mostert en Prof Fungus om kinders te begelei in hul kreatiewe skryfwerkreis.

About the author

Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde top-verkoperboeke vir kleuters, kinders en tieners, soos Suurlemoen!, ’n Goeie dag vir boomklim, Moenie hierdie boek eet nie! en My ouma is ’n rock-ster. Sy skryfwerk wissel van prettige kinderrympies tot spokerige grilstories, van vermaaklike feiteboeke tot lekker skaterlagstories. Van Jaco se boeke is al wêreldwyd in Engels gepubliseer, en ook in Nederlands, Italiaans, Spaans en Sloeweens vertaal. Onder Jaco se talle bekronings tel die Rapport/kykNET-prys, die Tienie Hollowaymedalje, die Alba Bouwerprys, die Elsabe Steenbergprys, die Scheepersprys, die MML-letterkundeprys en 34 ATKV-Kinderboektoekennings, en ’n SALA-prys sowel as ’n benoeming vir die beroemde Britse Carnegie-medalje. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy twee dogters, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetel-luislang.

Rate this ebook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Center instructions to transfer the files to supported eReaders.