Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde topverkoperboeke vir kleuters, kinders en tieners. Sy skryfwerk wissel van prettige kinderrympies tot spokerige grilstories, van vermaaklike feiteboeke tot lekker skaterlagstories. Hy het reeds meer as 150 boeke die lig laat sien, en meer as 1.2 miljoen kopieë van sy boeke is verkoop.
Alex van Houwelingen was van jongs af versot op teken. Hy het in 2006 ’n kursus in inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria voltooi, maar daarna besluit om eerder ’n vryskutloopbaan as illustreerder te volg. Hy geniet dit om in ’n verskeidenheid mediums te werk, onder meer waterverf, houtskool, potlood, olieverf, akriel en pen en ink. Hy woon in Pretoria en is die trotse pa van twee kleuters, Robin en Madelein.