Inkommers

· Penguin Random House South Africa
Էլ. գիրք
228
Էջեր
Կարելի է ավելացնել
Գնահատականները և կարծիքները չեն ստուգվում  Իմանալ ավելին

Այս էլ․ գրքի մասին

Waar lê die lyn tussen inwoner en inkommer? “Ek, Plakker Prinsloo, weet nie of ek nou al gereed is om vir die eerste keer saam met Bennie Afrikaner uit te ry Kom toe nie. Ek was nog nooit ’n reisiger nie, dit is nou as jy nie my en Ma se ewige getrek voor Pa se misdaadrekord uit reis kan noem nie.” Inkommers is ’n eietydse verhaal, ’n kroniek van die Afrikaners – die familie, nie die volk nie – wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer. Is dit moontlik dat net gebore Kommers in die Kom hoort? Hoe gemaak met inkommers wat tot dusver nie juis welkom was nie? ’n Mens moet versigtig wees vir vreemdelinge. Die Afrikaners is hoeka aan die min word en hulle wil hulle omgewing tot ’n erfenisgebied verklaar kry. Dan is die liefde ook nog aan die uitsterf. Iemand moet daarop reageer, rebelleer selfs, maar rebelleer die ware rebel vir iets of teen iets?

Հեղինակի մասին

Hans du Plessis is ’n navorser, akademikus en skeppende skrywer. Afgesien van verskeie akademiese boeke en artikels debuteer hy in 1978 as skeppende skrywer met die digbundel Kleinwild. Hierna verskyn digbundels, jeugverhale rubrieke en volwasse romans; hy is egter veral bekend vir sy Griekwa-gedigte wat in die bundels Innie skylte vannie Jirre, Boegoe vannie liefde en Karos orie dyne verskyn. Sedert die vroeë negentigerjare word sy jeugboeke vir skole voorgeskryf en twee van sy historiese romans is in Nederlands vertaal. Hy word vir sy skryfwerk bekroon met onder andere die CR Swart-prys vir tienertoneel, die ATKVkinderboekprys, ’n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die CBSA-prys vir algemene Christelike literatuur.

Գնահատեք էլ․ գիրքը

Կարծիք հայտնեք։

Տեղեկություններ

Սմարթֆոններ և պլանշետներ
Տեղադրեք Google Play Գրքեր հավելվածը Android-ի և iPad/iPhone-ի համար։ Այն ավտոմատ համաժամացվում է ձեր հաշվի հետ և թույլ է տալիս կարդալ առցանց և անցանց ռեժիմներում:
Նոթբուքներ և համակարգիչներ
Դուք կարող եք լսել Google Play-ից գնված աուդիոգրքերը համակարգչի դիտարկիչով:
Գրքեր կարդալու սարքեր
Գրքերը E-ink տեխնոլոգիան աջակցող սարքերով (օր․՝ Kobo էլեկտրոնային ընթերցիչով) կարդալու համար ներբեռնեք ֆայլը և այն փոխանցեք ձեր սարք։ Մանրամասն ցուցումները կարող եք գտնել Օգնության կենտրոնում։