Eendag op ’n maandag

· Penguin Random House South Africa
E-boek
246
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Krinkels in die maan: Die kunstige teëls, bewers en droomwippe wat Tish by die kunsmark verkoop, bring nie genoeg geld in nie. Die waaghalsige plan wat sy beraam om haar dienste uit te brei na palmlesery, strook glad nie met die kunsmarkeienaar se beleid vir sy kunsmark nie. Maar alles werk, solank dié man net nie uitvind wie senhora Laetitia wat palms lees regtig is nie. Tot Tish se hart teen haar draai …

Vlerke vir ’n visvrou: Emma is vasbeslote om nie in haar beroemde skilderfamilie se voetspore te volg nie. Sy skilder, ja, maar op mure. Nie eens haar pa kan haar oorreed om haar muurskilderye vir doeke te verruil en ewige kuns te skep nie, al skort hy haar maandelikse toelaag op. Toe loop die beroemde sjef haar lewe in tydens die Watervrou-fees. Hy en die vrou aan sy sy.

Meer oor die skrywer

Chanette Paul pendel tussen twee tuistes: haar oewerhuisie in die Overbergse dorpie, Stanford, waar die man in haar lewe ’n rivierboot bedryf, en haar skryfplek naby die suidelikste punt van Afrika. Chanette is ’n katliefhebber en smoorverlief op haar dowe kat, Thomas. Sy is ’n leesvraat, ’n onbehendige tuinier en ’n hopelose kok. Sy is lief vir swem en snorkel, en hoop sy sien eendag ’n meermin.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.