Die Davelvroue 04: Deborah

· Penguin Random House South Africa
E-boek
199
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Haar pa sê sy’s ’n wildewragtig. En Deborah ís versot op argeologiese opgrawings. Sy dra graag haar boetie se klere. Maar beeldskoon en pure vrou, dié is sy.

Die argeoloog Heath Hughes leer haar as Doepie ken. ’n Jong seun, glo hy. Maar hy ontmoet ook vir Deborah. En altwee herken onmiddellik die intense aangetrokkenheid tussen hulle.

Saam beland hulle by die Zimbabweruïnes waar hulle opgrawings doen – Deborah vermom as Doepie. Sy weet sy het hierdie blonde man lief, maar hoor dat hy eintlik ’n leuenaar is en die vondste vir eie gewin hou. Hy’s ’n dief, oneerlik, en die vrou in haar weet nie waarheen met haar liefde nie.

Meer oor die skrywer

Chanette Paul pendel tussen twee tuistes: haar oewerhuisie in die Overbergse dorpie, Stanford, waar die man in haar lewe ’n rivierboot bedryf, en haar skryfplek naby die suidelikste punt van Afrika. Chanette is ’n katliefhebber en smoorverlief op haar dowe kat, Thomas. Sy is ’n leesvraat, ’n onbehendige tuinier en ’n hopelose kok. Sy is lief vir swem en snorkel, en hoop sy sien eendag ’n meermin.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.